Print Friendly, PDF & Email

Valse Liefde – Die Merk van Kain

Afrikaans – Chinese – English 

“En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met ‘n kus?” (Lukas 22:48 AOV)

Vandag sal ons vyande maak soos nog nooit tevore nie, tog sal ons nie vyande maak soveel soos om hulle te identifiseer vir wat hulle is nie. Nietemin glo ons die apostel Paulus se woorde:

“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Efesiërs 6:12 AOV).

Vandag, verwyder ons Satan se masker en ontdek en identifiseer die merk van Kain.

Peter Marshall het Satan eens beskryf as “die verpersoonliking van ‘n mens.” Baie ure se debat en betwisting kon bestee word in bespreking oor wat hy bedoel het. Dit is genoegsaam om te sê daar is waarheid in wat hy gesê het. Soos God kom in díe wie Hy stuur in die vlees, so kom Satan in diegene wie hy inspireer in die vlees. Christus het Sy Liggaam en Satan het syne.

Vandag, verdedig ons Abel. Vandag, kom ons teen Satan se wese en sy laaste en groot bastion van mag. Ons kom teen sy hoofstad en sy hoofkwartier, sy sentrale bevelspos en sy persoon. Vandag, kom ons teen sy misleiding by uitstek. Paulus skryf van hom en syne:

“En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”( 2 Kor 11:14-15 AOV).

Vandag, verwyder ons Satan se masker en ontdek en identifiseer die merk van Kain. Laat ons egter altyd onthou; dit was God Wie vir Kain daardie merk gegee het. En waarom? Dit was vir beskerming. “Hoekom sou God Kain wou beskerm?” kan ons vra. “Het hy nie ‘n onaanvaarbare offer aangebied nie? Het hy nie nors geword toe God dit geweier het nie? Het hy nie God se gevolglike raad aan hom verwerp nie? Het hy nie jaloers en wrokkig geword teenoor sy broer, wie geregverdig en deur God aanvaar was nie? Het hy nie alle selfbeheersing laat vaar en Abel doodgemaak, en die uiteindelike misdaad gepleeg nie? Waarom sou God hom wou beskerm “Die feit bly staan ​​dat God hom beskerm het, soos opgeteken is in die Bybel?:

“Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om dit te dra. Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir U aangesig: ‘n swerwer en vlugteling sal ek op die Aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan. Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het ‘n teken (merk) gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.“(Genesis 4: 13-15 AOV).

Nie net het God hom beskerm nie, Hy het ‘n oordeel sewe maal oor uitgespreek op enigiemand wie gesoek het om hom skade aan te doen. Verder het God Kain selfs gewelvaar:

“En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ‘n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.”(Genesis 4:17 AOV).

Valse gelowiges verstoot vyande met hul merk en trek baie aan om by hulle aan te sluit

Eindelose ure se spekulasie is bestee oor die aard van die merk wat God op Kain gesit het. Hierdie getuigskrif sal daardie merk identifiseer, verwarring uit die siel verwyder, twyfel en veroordeling veroorsaak deur hierdie verwarring verwyder en dus die ware gelowige bemoedig:

“Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, (wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het)” (Hebreërs 12:12-16 AOV).

Hierdie artikel sal die valse gelowiges, die nageslag van Kain blootstel, wie nie slegs vyande met hul Godgegewe merk neutraliseer nie, maar selfs baie lok om by hulle aan te sluit in die bou van stede, buite die Teenwoordigheid van die Here; diegene wie, soos Kain, onaanvaarbare offerande aan God offer; diegene wie die ware aanbidding en opoffering van die getroue, kwalik neem.

Ons sê vir julle vandag dat die merk van Kain, wat hom beskerm, niks anders is as die skyn van liefde en vroomheid nie. Hierdie skyn is baie kragtig en het Kain magtig gemaak, beskerm deur God vir Sy verborge doeleindes.

Dit is ook met hierdie liefde waarmee die slang Eva mislei het. Hy het gekom deur in wese te sê, “Ek probeer om iets vir julle te doen. Dit sal aansienlik en heerlik vir julle wees, julle oë sal oopgaan, sodat julle sal sien soos God. ” Is dit nie die liefde wat deur die godsdienstiges  vertoon word nie? Belowe hulle jou nie die goedkeuring en seëninge van God as jy by hulle aansluit nie? Eva het die lokaas geneem, en, daarna, het sy begin om dinge in ‘n nuwe lig te sien, betower deur die liefde waarin sy verstrik was.

Vals liefde is ‘n instrument om God en die mens te manipuleer in ‘n poging om eenself te dien.

Hierdie liefde gaan oor verkryging, nie gee nie, alhoewel gee deel is van die strategie vir verkryging, net soos die slang vir Eva gegee het, sodat hy kon kry wat hy wou hê. Die liefde wat die slang na Eva gebring het is gebaseer op die leuen dat iemand homself nie aan God kan toevertrou om hom te gee wat hy benodig nie, só moet hy neem wat nodig is (vrugte van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad) om sodoende te sien en dinge vir homself te doen.

Die liefde van die mens, veral in sy veelvuldige godsdienstige uitdrukkings, is gebore uit, en lewe op die leuen dat God nie vertrou kan word nie, en moet gemanipuleer word, tesame met Sy hele skepping, om te kry wat jy wil hê.

Vals liefde is ‘n instrument om God en die mens te manipuleer in ‘n poging om jouself te dien.

Kain het in sy liefde geopereer toe hy sy offer aan God gemaak het, nie om aan Hom te gee nie, maar om vanaf Hom te verkry. Sy gawe het ’n selfsugtige motivering en doel gehad. Dis hoekom sy offer nie aanvaar was nie. Dis hoekom hy kwaad was. Hy was verwerp, en kon nie kry wat hy wou nie. Dink daaroor. Watter ander rede sou daar wees vir sy toorn? As sy bedoeling was om God te dien en Sy wil te doen, wat die enigste geldige motivering is om ‘n offer te maak, is daar geen moontlike manier waarop hy woedend vir enige uitkoms kon wees nie. Hy sou daarin geslaag het om te doen wat hy voorgeneem het om te doen, en niks kon dit van hom wegneem nie. Maar omdat sy motief was om sy wil te dien en nie God s’n nie, was hy kwaad omdat sy “goeie daad” nie aanvaar was nie.

Die enigste soort liefde wat God behaag, en wat lewe bring, is die een wat gee sonder verwagting van teruggee. Dit is die natuur van God, waarin Abel, ‘n seun van God, sy offer gegee het. Hy was lief vir God soos God hom liefgehad het. Indien Kain op hierdie manier was, sou hy nie kwaad gewees het nie. Beide hy en sy offer sou aanvaar gewees het. God het vir hom gesê:

” Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie-die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.”(Genesis 4:7 AOV).

Kain het die erfenis van ‘n seun van God gehad. Hy het die stem van God gehoor, is vertel wat om te doen, en het die mag gehad om dit te doen. Maar hy het toegegee aan sy woede oor hy nie kon kry wat hy wou hê nie. Deur die regverdige Abel te vermoor, verbind hy homself tot “die duister kant.”  Hy het gesaai deur selfsugtig te gee om te kry wat hy wou hê, en het hy die uiteindelike bekom-instrument gemaai – die liefde van die mens. Dit is die merk wat God op hom gesit het, die merk van die dier wat Eva verlei het- die subtiele en bedrieglike liefde, wat poog en soek om die vlees te behou. Kain was uit die Bose (1 Joh 3:12).

Iets veral opmerklik is hoe die Here Jesus hierdie liefde hanteer het. Dink na oor wat Hy gesê het toe Petrus probeer het om Sy vlees te red, die Here bestraf het oor Sy verklaring dat Hy doodgemaak sou word deur die godsdienstiges:

“Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy Sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.“(Mark 8:33 AOV).

Deur die dinge van die mens te bedink was die sonde waaroor God Kain gewaarsku het, en wat, omdat hy daardie waarskuwing verwerp het, hom oorgekom het. Hy het dit wat hy gesaai het vertroetel – daardie sondige houding, en het valse liefde verpersoonlik, oorgegee aan sy drang, gemerk met die liefde wat hom sou steun en onderhou deur sy krag om anders te beweeg om sy wil te doen.

Aan Kain was die merk van die dier gegee, die bedrieglike gee wat ons “liefde” noem.

Nadat Kain weg van die aangesig van God gestuur is, het hy ‘n stad gebou. Hoe het hy soveel bymekaar versamel? Nie deur krag nie. Dit was deur liefde waarmee hy in staat was om dit te doen – deur die mens te gee wat hulle wou hê. Dit, vir die mens, is liefde – help jou om te bekom of te behou wat jy wil hê in die vlees. Die enigste manier hoe Kain sy nek kon behou in ‘n wêreld vyandig teenoor hom, was om mense te help kry wat hulle wou hê. Deur homself te dien het hy gesondig en is onaanvaarbaar gemaak deur God, maar hy was aanvaarbaar gemaak aan die mense deur sy diens aan hulle, en het sy lewe op hierdie manier ongeskonde bewaar.

“Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.” (Mattheus 16:25 AOV).

Met die oogmerk om sy lewe te red, het Kain dit verloor. Hy het die teenwoordigheid van God verlaat. Hy was die merk van die dier gegee, die bedrieglike gee wat ons “liefde” noem, wat hom bewaar het. Hierdie liefde is werklik oor verkryging, nie gee soos wat ware liefde is nie. Dit gaan oor hoe jy by anders kan baat vind, en wat jy moet doen om daardie voordeel te ontvang. Dit gaan oor hoe anders jou laat voel. As God jou laat sleg voel, soos met Kain, word Hy nie gerespekteer of geag nie, want jy verwag om waardig gereken te word in jou eie reg.

Die mens, wie hul harte instel op wat hulle wil hê, en nie op wat God wil hê nie (Hy alleen weet wat die beste is), het in die weg van Kain gevolg. Die mens is uiterlik godsdienstig, terwyl innerlik werksaam is deur die merk van die dier. Vandag bewapen die algemene, nominale Christen homself van kop tot tone met die liefde van Kain. Hy omgord sy heupe met liefde, het die borswapen van liefde, skoen sy voete met liefde, en bo alles, neem die skild van die liefde op. Hy neem die helm van liefde en die swaard van liefde, en gebruik so die Woord van God “in liefde.” En diegene wie ‘n goeie werk daarvan maak word as die mees geestelike en goddelike gereken.

Nogtans, omdat hulle hul eie gewin soek, word hulle nie deur God aanvaar nie:

“Die offer van die goddelose is vir die HERE ‘n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.” (Spreuke 15:8).

Dit is hoe vervalste Christelike predikers te werke gaan: “Stuur vir my geld en ons sal so-en-so vir God daarmee doen en jy sal reg met Hom wees deurdat jy Sy werk ondersteun, en Hy sal jou gawe beloon.” Maar God het niks te doen met die prediker of sy skemas nie. As jy gee om te verkry, soos die prediker doen en voorstel jy doen, sal jy uiteindelik verbitterd met die resultate word. Wanneer dinge nie uitwerk nie, sal God “gelaat word om die sak te hou”; Hy sal die skuld kry. Maar Hy was nog nooit  deel van die bedrogspul nie, en het jy na Hom geluister, in plaas daarvan om in die weg van Kain te wandel, sou dit goed gegaan het met jou.

“As jy goed doen, sal jy nie aanvaar word nie?”

Wat God werklik bedroef is dat mense ‘n nietige belydenis van liefde vir Hom maak. Hoe sal jy daarvan hou as mense dit aan jou gedoen het – jou gebruik vir dit wat hulle van jou kan bekom, en nie ‘n flenter omgee om te luister na wat jy te sê het, veral wanneer dit vir hulle beswil is nie? Wat as hulle met groot lof van jou te praat, maar direk teen jou wense gaan? Hoe sou jy dit hanteer? Nominale Christendom is soos Judas aan God, soen die Seun van die Mens op die wang, maar verraai Hom tot die dood. God word behandel as bloot ‘n Reuse Struikelblok vir die mens om te kry wat hulle wil of dink hulle verdien.

Alle godsdienstige werke van die vlees word aangevuur deur die liefde van die dier.

Die pous omvat die verraad van Judas. Hy spreek van Christus en die liefde, beroer ‘n houding van aansienlike vroomheid en heiligheid, terwyl die bloed van baie op sy hande is. Hy beroof die armes terwyl hy weelderig woon op die lof van die mense. Jesus Christus verwelk aan die kruis, waar die Katolieke Kerk hom prominent vertoon (of so dink hulle), terwyl hul gulsige geestelikes hulself verslind op die vlees van mens. Hulle is so gevul met elke vieslike ding, neem die Naam van God tevergeefs op en verderf alles wat goed en heilig is, dat hulle porieë uitsypel met die reuk van die dood en verrotting. En die mens verlustig hulself saam met hulle, soos aan hulle gesmul word. Hoekom? Omdat hulle geliefd is, verkry wat hulle lief het – die lof van die mens.

Alle godsdienstige werke van die vlees, die sigbare kerke en organisasies van die mense, is aangevuur deur die liefde van die dier. Terwyl ware Christelike leer sê dat dit neerkom op liefde – “die grootste hiervan is die liefde” – het die mens ‘n ander definisie en motivering vir hul liefde. Motivering maak die hele verskil. Dit bring ons terug na Abel en Kain.

Toe Kain vir Abel doodgeslaan het, was Verborgenheid, die groot Babilon (die inkarnasie van self-dienende liefde) daar. In haar, word gesê, is die bloed gevind van almal wie op die aarde verslaan is. Valse godsdiens was daar in die begin, gebore uit self-dienende liefde, kom vir die mens goed voor, maar boos vir God, maak die regverdige dood. (Meer oor Verborgenheid later.)

Vandag, is die hele wêreld gevul met aspirant-liefdadigheid ontvangers. (Registreer kerke nie met die regering vir voordeel nie?) Almal is bereid om goedkeuring te ontvang, of om te gee om dit te ontvang, maar wie is bereid om die lewe neer te lê, om dit te verloor vir God? Vervalste Christene plaas die klem op hoe hulle behandel moet word, eerder as oor hoe God en ander behandel behoort te wees, en is. Hierdie namaaksels is regverdig in hulle eie oë, so laat hulle doen wat hulle wil. “Krap my rug en ek sal joue krap.” As jy dit doen, is jy deur hulle aanvaar, maak nie saak wat jy doen nie.

Vandag, het hierdie liefde alle nominale Christendom oorwin, ‘n onverbeterlike mengsel geskep, selfs soos dit was in die dae van Noag, in die dag van die Vloed:

“Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was” (Genesis 6:1-5 AOV).

God kan nie vermenging toelaat nie: “Hoe kan lig en duisternis saamwoon?”

Gelowiges tel die juk op met ongelowiges, in liefde met mekaar. Deur dit te doen, genereer hulle aansienlike, indrukwekkende, heldhaftige, bekende, gewilde mense – reuse, nie slegs in, of so veel in, fisiese statuur nie, maar in karakter, vermoë, mag en invloed. Hulle het  grootlikse vermoëns van denke, woord en daad gehad. Hulle was helde vir vele op baie maniere. Onder hulle was diegene wie geloof in God bely het en wie skares met hul prediking geroer het – net soos vandag, of liewer, vandag is soos dit was in daardie dag:

“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. “(Mattheus 24:37-39 AOV).

God sal nie Sy kinders oordeel nie, sou Hy? Sou Hy so ver gaan soos om hulle dood te maak? Hy het dit gedoen, soos aangeteken is. Hy kan nie vermenging toelaat nie:

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: “Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (2 Kor 6:14-16 AOV).

So hier is Sy opdrag vir ons beswil, ons veiligheid en verlossing:

“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem, en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2 Kor 6: 17-18 AOV).

Sienende hoe Sy opdrag in die wind gegooi is, is dit enige wonder dat Hy vir Sy volk, Sy seuns en dogters sê:

“Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit My mond spuug. Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. “(Openbaring 3: 15-20 AOV).

Ons het die aanleidende verontreiniging onthul – die mens se liefde wat as godsaligheid voordoen.

God het nog altyd vermenging  gehaat. ‘n heilige God, díe Heilige God, kan dit nie verdra nie. Vandag, is die aarde heeltemal besoedel – omgewinglik, sosiaal en geestelik. Dit is so erg, water kan nie die besoedeling wegwas nie. Die bewoners van die aarde kan nie die verskil tussen geveinsde geloof en ware geloof, tussen onnatuurlike liefde en ware liefde uitmaak nie. Almal moet gereinig word deur die vuur van God:

“Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare Koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur. “(Hebreërs 12: 28-29 AOV).

“Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde Woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. ” (2 Petrus 3:7 AOV).

“Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand. Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? – julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt?” (2 Petrus 3:10-12 AOV)

Vandag, voor jou oë, het ons die aanleidende verontreiniging, Satan se mag van duisternis, sy misleiding, sy masker onthul. Dit is die mens se liefde en geregtigheid wat as godsaligheid poseer.

Nêrens is die mens se liefde duideliker of magtiger as in die Christelike kerke van die wêreld nie. Die mens bou hulle stede en koninkryke in die naam van liefde. Hulle versamel vele bymekaar vir gemeenskap, en hulle doen dit in Sy Naam. Die liefde waarin hulle wandel is aantreklik vir alle mense, tensy deur die Heilige Gees onderskeiding gegee en behou word. Dis hoekom kerke groei in getalle en geboue. Hulle groei nie omdat God tot Sy liggaam toevoeg nie. Hulle groei omdat hulle bemin word – die einste ding waarna hulle soek. Hoeveel te meer misleidend en aantreklik (tot die vlees) en misleidend kan dit raak?

Ons is nie waardig van Hom as ons nie als versaak en die kruis opneem nie.

Die mens verkies die onoordeelkundige lof, troos en bemoediging van die mens oor die geregtelike, beoordeelde lof van God. Hulle streef daarna om hulself te red eerder as om aan die verlossing van God te onderwerp deur die kruis. Aan die Tessalonisense, het Paulus geskryf:

“Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. “(2 Thessalonicense 2:7-12 AOV).

Liefde tot die waarheid beteken nie net bereid wees om enigiets eenkant toe te werp wat in die pad staan ​​van wandeling in die waarheid nie, maar ook om dit te doen. Toe Jesus verklaar het dat ons nie waardig vir Hom is, indien ons nie alles begeef en die kruis opneem nie, het Hy dit bedoel.

Verborgenheid, die groot Babilon

Laat ek jou ‘n droom vertel wat ek jare gelede gehad het, kort nadat ek tot bekering gekom het in die Here:

Ek het gedroom ek was by ‘n yshokkie stadion met my ongelowige voormalige vriende. Ons was hoog op die pawiljoen en ‘n ongelooflike skouspel op die ys dopgehou. Daar was ‘n tamaai, lang (miskien vyftien voet of meer) en pragtige vrou, geklee in wit, glo ek, met iets soos ‘n towerstaf in haar hand. Sy het alles wat in die stadion aan die gang was, georkestreer, die vertonings, die kunstenaars, en die gehoor. Skielik het ek die drang gevoel om af te gaan na die ys. Sy het my gesoebat om te kom, nie deur ‘n hoorbare stem nie, maar deur ‘n verborge krag. Soos ek op pad af van die pawiljoen was, het my metgeselle na my gekyk asof ek mal was. Hulle was in verwarring en geirriteerd met my.

Toe ek die ys betree, het sy my die mag gegee om te dansskaats. Ek het begin om dinge te doen wat ek nog nooit in staat was om te doen nie, en het geweet sy het dit gedoen. Sy het toe vir die gehoor beduie om te applous. Die gehoor het haar elke opdrag gehoorsaam, onder haar betowering. Soos ek skaats, het ek die mag, die aandag en die applous geniet, maar ek het iets onheilspellends daaraan gevoel. Daarom, het ek begin om my weg te vind na die ander kant van die arena, op die ys, waar dit donkerder was, sonder mense. Ek het op een knie geval en gebid dat God my sou red uit die mag van hierdie vername vrou. Ek het geweet dat ek dit nie kon weerstaan ​​nie nog minder soos ‘n vlieg ‘n bosbrand. Op my knie, biddend, ‘n silwer kandelaar houer, met drie kerse aangesteek, verskyn voor my op die ys. Dit het sowat twee voet hoog gelyk. Ek het toe krag ontvang om die ys te verlaat. Ek het begin om my weg te vind bo-oor ‘n paar leë pawiljoenbanke, op my skaatse, op pad terug na my vriende. Die droom het daar geëindig.

Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere, is also or liefde.

Met verloop van tyd, Het ek tot die besef gekom dat hierdie vrou niemand anders was as Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere nie, die verpersoonliking van valse godsdiens. Sy was baie aantreklik, baie magtig en sy het die aarde regeer, aan die mens mag gegee soos sy wou. Die Skrif in Spreuke en Openbaring verklaar dat sy baie sterk manne laat val het. Dit is net deur die genade van God wat ek ontsnap het.

Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere, is als oor liefde. Hierdie is ‘n verslag van haar en haar weë, haar krag en haar sukses:

“’Kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.’ [LET GOED OP WAT VOLG] Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, totdat die pyl sy lewer splits; soos ‘n voël haastig na die vangnet vlieg-sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.” (Spreuke 7:18-26 AOV).

Van haar, vir wie die mens liefhet, is dit aangeteken:

” En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.” (Openbaring 18:24 AOV).

Hier is ‘n gedig wat godsdienstige liefhebbers as ru en ongoddelik sal beskou, ironies genoeg, want hulle is skuldig aan die substansie van hierdie gedig, die einste liefde wat hulle verkies en toepas:

Verborgenheid

Vleiery en skoonheid is baie kragtige bates en die hoer gebruik dit goed. Nie net jong dwase nie, maar ook baie ‘n sterk en wyse man is heeltemal gevange geneem aan haar verleidelike magte. Selfs Salomo het sy lewe aan haar oorgelewer vir haar voordelige beloftes.

Maar hierdie voordele is baie vlak en net tydelik, so intens soos hulle by tye kan wees, en laat een ‘n leë dop, gemislei om te dink hy is lewendig en ‘n uitverkore kneg van die Here Jesus Christus. In werklikheid is hy ‘n hoereerder, in een met die hoer en ‘n uitdruklike vyand van Jesus Christus.

Haar magte is asemrowend

haar aangesig meesleurend

Sy raak die steentjies aan

streel liggies

hul reaksie is onmiddellik

hulle groei opgewonde

hulle beweeg

en vergroot hulself

Sy vat vas

saggies dog ferm

skenk ‘n plesier

byna onmoontlik om te weerstaan

“Diens my en ek sal

plesier vir ewig gee –

weier my en ek sal jou vermorsel. ”

‘n aanbod moeilik om te weier

“Dit is Hemels,” sê hulle

sy speel hulle

hulle ejakuleer

in alle rigtings

hulle inhoud op die aarde

haar roem versprei hulle in die buitenstes

Hulle vertel die nuus

en word die draers

van dood en verwoesting

deurbring hulself

en bemin dit so.
Hier is ‘n paar woorde (ons het baie sulke voorbeelde) van ‘n belydende gelowige, beset deur Satan se liefde in eie wil:

En so, is dit so baie na aan my hart, dat Christene ophou om die Skrif as ‘n swaard te gebruik om mekaar aanhoudend te wond; dat die woord van God genoegsaam daartoe in staat is om diep in ons harte te kan bereik sonder ‘n swaard. En dit is hoekom ek hulle in die rigting van die lig bring, vir die doel van hulle groei in wat die liefde is … en Satan is nie oor die liefde nie.

Stroperig, selfgeregtig, en gemislei.

2 Tessalonisense 2:7-12 AOV
(7) Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;
(8) en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.
(9) Hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen,
(10) en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
(11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
(12) sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Waarheid kan en maak wel seer, veral wanneer dit deur die hart sny

Dit is waar dat miljoene nie die Skrif gebruik soos hulle behoort nie, onkundig en selfdienend, nie met ‘n liefde vir die waarheid nie. Die feit bly egter dat die Woord van God ‘n swaard is, soos die Skrif verklaar (Efesiërs 6:17, Hebreërs 4:12). Waarheid kan en maak welseer, veral wanneer dit deur die hart sny, soos uitgestuur deur God om sy werk te doen. Omdat mense skuldig voel en gepynig word beteken nie dis van Satan nie. Aan hierdie vrou, het  Paul Cohen geantwoord, die waarheid in ware liefde gespreek, en, hoewel pynlik en klaarblyklik veroordelend, is sy woorde verlossend, indien ontvang word met ‘n sagmoedige en nederige hart:

Jy is ook verkeerd oor Satan. Hy is als oor die liefde, die valse soort wat jy tentoonstel en waarin jy jou hoop gestel het. Joue is die liefde van die vlees, wat die eerste Adam preserveer, hom wil spaar van die swaard van God, Sy wil en waarheid.

Diegene wie valse geloof in Christus bely wil geliefd wees en sal, sonder uitsondering, aanstoot neem aan sulke woorde, wegdraai van die medisyne wat hulle verkies om gif te noem. Ware liefde wat hulle haat noem, en minagting vir God wat hulle liefde noem. Hulle wil vriendelikheid, vriendskap, aandag, liefde, troos, gemaklikheid, aanvaarding, simpatie, empatie, erkenning, lof en bewondering hê. Hulle wil vergifnis hê, maar nie ten koste van die dood tot die self en bekering nie. Hulle is desperaat om te wil lewe, en verafsku die kruis. Soos iemand gesê het: “Almal wil na die Hemel gaan, maar niemand wil sterf om daar te kom nie.” Jesus maak dit duidelik dat elke persoon deur die kruis moet kom, soos Hy die pad gebaan en die weg aangewys het. Daar is geen alternatief nie.

Die liefde van God is nie om liefgehê te word nie, maar om lief te hê; dit is nie ‘n kwessie van verkryging nie, maar van gee; dit is nie inwaartse fokus nie, maar van uitwaarts reik:

Lukas 6:32-35 AOV
(32) En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.
(33) En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
(34) En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
(35) Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

Nominale Christendom het dit agteruit. Daar is baie wie hulle stede en koninkryke bou, wat gereed is om diegene te akkommodeer wie soek om liefgehê te wees, en daardie soekers van liefde, sal deur hulle bemin word.

Ons het afstand gedoen van die begunstiging van die liefde, beide gee en ontvangs daarvan.

Die apostel Johannes het geskryf:

1 Johannes 3:11-18 AOV
(11) Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê;
(12) nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.
(13) Verwonder julle nie, my broeders, as die wêreld julle haat nie.
(14) Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.
(15) Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.
(16) Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.
(17) Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
(18) My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

Johannes het na Kain verwys as toebehorend aan die bose een. Wie was hierdie bose een, as maar die slang (dier) wie Eva verlei het?:

” Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? ” (Genesis 3:1 AOV).

Satan, identifiseer ons nie jou getal nie, die getal van die dier, wat die getal van ‘n mens is nie? (Openbaring 13:18).

Dit is die merk van Satan, die dier:

“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” (Openbaring 13:16-17 AOV)

Daardie merk is die merk van Kain, die subtiliteit van die dier wat die mens liefde noem. Kom ons noem dit wat dit werklik is, want dit is die slinkse listigheid van die vlees. Dit is die hoogste mag van die vlees om te mislei. Sonder daardie merk, is niemand toegelaat om te koop of te verkoop nie.

Ons word nie toegelaat om te spreek nie, omdat ons nie daardie merk het nie. Ons het die eer en gesag van die mens verlaat vir die roem van God. Ons het afstand gedoen, in beide woord en daad (voorkop en regterhand), van die begunstiging van die liefde, beide die gee en ontvang daarvan.
Ons het die bewering aan die kaak gestel dat hierdie merk, hierdie liefde, hierdie vrome wandel, hierdie beeld, wat kom met alle subtiliteit en verleiding, dié is van ware heiliges van God wie in geloof wandel, en God in gees en waarheid aanbid. Ons en diegene met ons het die liefde van God herken, en die verskil tussen Sy liefde en die mens se liefde beoordeel, tussen die seël van God op die voorhoof van Sy dienaars en die merk van Kain op die voorhoofde van diegene wie onaanvaarbare offerande offer, gebaseer op die mens se eie geregtigheid.

Die Merk van die Dier en die Seël van God

Daar is die mens se vroomheid en liefde en daar is godsaligheid. Die mens s’n is die beeld waarvan Johannes praat:

“En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.” (Openbaring 13:14-15 AOV).

By God se dienaars egter, is die seël op die voorhoof. Terwyl die beeld van die dier sigbaar is vir die vleeslike mens, is die seël van God nie:
“Want julle (ou lewe) het gesterwe, en julle (nuwe) lewe (wat ware lewe is) is saam met Christus verborge (aan toeskouers) in God.” (Kolossense 3:3 AOV).

Ons word nie toegelaat om te koop en te verkoop nie omdat ons nie die merk van Kain het nie.

Tensy ons glimlag, hande skud, ‘n sekere, ligte glans van die oog uitstraal, en ander op die rug klop soos hulle ons ruê klop, word ons persoonlikheid nie erken as geldig of aanvaarbaar in die mens se koninkryke wat voordoen as God s’n nie. Wanneer ons weier om die spel te speel, val die voorkomste outomaties, net soos Kain s’n met sy verwerping. Die voorval van Kain en Abel word telke male uitgespeel, in talle plekke en op talle maniere.

Tensy ons ​​die algemene leerstellinge van Kain se aanbidding aanneem en onself in sy gees gedra, is ons uitgesluit. Tensy ons met die stroom vloei, soos dooie visse ook doen, word ons vermy. Swem ons stroomop teen die stroom, soos lewende visse ook doen, word ons ten alle koste vermy as moeilikheidmakers. Ons word misverstaan, verkeerd vertolk, beswadder, beskuldig, gekritiseer en veroordeel as haatvol, as verdelend, as ketters, fanatikusse, kultus leiers en valse profete. Ons is nie toegelaat om te koop en te verkoop nie, omdat ons nie die merk van Kain het nie. Ons is nie toegelaat om deel van die stede te wees wat die seuns van Kain gebou het nie.

Dit is egter nie ‘n probleem nie. Ons gemeenskap is met Abraham:

“Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.” (Hebreërs 11:10 AOV).

Ons stel glad nie belang in die mens se stede nie.

Afgodery

Afstammelinge van Kain het Christus en Sy heiliges (werklik of denkbeeldig) in hul eie beeld gemaak, wat afgodediens is. Die stralekranse in godsdienstige, “Christelike” foto’s van Maria, Jesus, en ander “heiliges” beeld ‘n heidense aura van vroomheid en liefde uit, as “kinders van die son.” Die leiers manifesteer ook dieselfde in die uitdrukking van hul persoonlikhede.

Waarom vertoon die pous van Rome homself aanmatigend met gebare, asof hy ‘n mistiese vroomheid, persoonlikheid, en mag het? Hoekom klamp hy sy hande, hou sy kop vas, staar, en glimlag hy soos wat hy doen? Hy wil jou vertel dat hy heilig is. Dit is self-regverdige gruwel.

Waarom doen priesters en nonne ook hierdie dinge? Hoekom, wanneer in gewone, informele omstandighede met gewone mense gepraat word, verkort hulle nie werkwoorde nie? Is dit benede hulle om dit te doen? Hoekom is hulle so neerbuigend, so beskermend, so “heiliger-as-jou,” so uitstalligend?

Stop dit met Rome? Glad nie! Soos die moeder, so is die dogters. Anglikane, Episkopaals, Metodiste, Heilsleër, Mormone, Pinkster, Baptiste, JW’s, en Evangeliste van elke formele streep het hul eie weergawes van eksterne liefde en vroomheid, ‘n geveinsde godsaligheid en houding. Dit is eksterne godsdiens, vir die verheerliking van die vlees, wat afgodediens is. Baie, indien nie die meeste, van diegene wie verstrik is deur hierdie geheimsinnige krag, en deel daarvan is, is opreg en is ten volle daarvan oortuig dat dit die manier is hoe ‘n Christen optree of behoort op te tree.

Dit is egter nie werklik nie, en wanneer in baie gevalle net ‘n bietjie getoets word, is die onwerklikheid bewys:

“Maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.” (Genesis 4:5 AOV).

Ons is dan daarvan beskuldig dat ons in die plek van Kain, Abel veroordeel. Ons word deur die een wie waarlik soos Kain wandel, gevra, “Glo ek nie in God nie? Bid en vas, help ander, lees die Skrif, gaan kerk toe, preek en getuig ek nie aan ander nie? Het ek nie ‘Jesus as my Verlosser aanvaar nie’? Glo ek nie in Jesus nie? Hoe kan jy die dinge sê wat jy daar sê? Hoe durf jy teen God spreek!”

Aan die leser vra ons, “Omdat jy nie die werke sien nie, beteken dit hulle is nie daar nie? Omdat jy werke sien, beteken dit hulle is? Met watter oë neem jy waar?”

“Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (Mattheus 6:17-18 AOV).

Elkeen van ons moet ons pad vanaf die Boom van Kennis na die Boom van Lewe vind.

Dit is ook aangeteken van Kain:

“En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring.” (Genesis 4:3 AOV).

Kain het ‘n offer gebring. Hy was nie betaal om dit te bring nie; hy het dit nie na afgode gebring nie; hy het dit na niemand anders as God gebring nie. Let wel op wat Jakobus sê:
Ons is almal mislei deur die liefde van die mens. Ons almal is gelei om onsself te weerhou om diegene te benadeel met Kain se merk. Dis sy Godgegewe beskerming. Wat Kain daarmee doen is ‘n ander saak. Kan van hom verwag word om reg te doen?

Terwyl ons geen reg het om Kain te veroordeel nie, het ons ‘n plig om te erken dat sy merk nie godsvresendheid uitmaak, en nie aanbidding in gees en waarheid aan die dag lê nie. Kinders van God moet  nie vermeng met die dogters van die mens nie – God verbied – daarom dat Hy die aarde in Noag se dag vernietig het en vernietig dit vandag. Elkeen van ons, as sondaars, moet ons pad vind, weg vanaf die Boom van Kennis, waar ons die merk in die eerste plek ontvang het, na en deur die vlammende swaard, toe te gee aan die dood deur die merk van Kain af te werp en tot eenself te sterf, om sodoende deel te hê aan die Boom van die Lewe.

“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2 Kor 6: 17-18 AOV).

Lees die Die Saak van Uitkoms.

Victor Hafichuk

 

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Provide your email if you would like to receive periodic correspondence from us.



0
You can leave a comment herex
()
x