Print Friendly, PDF & Email

Die Goeie Nuus

Afrikaans – ChineseEnglishFrenchGermanRomanianSpanishVietnamese

Die Verkorte Weergawe

Waarom sou God ‘n projek begin waarin Hy geweet het dat die oorgrote meerderheid van die mensdom, vir ewig vreeslik gepynig sou opeindig, sonder ophou? Watter doel sou dit dien? Ek ken die algemeen goed verslete en konvensionele argumente, gebore uit redenasies, en nie om “die Woord van die Waarheid reg te sny” nie, dat ons geskep is met ‘n vrye wil en al, so moenie dit vir my gee nie.

Ek wil hê jy moet in ag neem dat Jesus Christus, en nie die Poel van Vuur, die Omega is, dat Hy die werk wat Hy begin het, sal eindig, met ‘n totale sukses deur Sy offer; dat Hy nie wil hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom, dat niemand vra na God nie, dat niemand na die Seun kan kom as die Vader hom nie trek nie, dat alle mense gebonde is aan die sonde, dus sonder ‘n vrye wil, dat dit Hy is wat een veroorsaak om te wil en te doen na sy welbehae; dat Sy hand nie te kort is dat Hy nie kan red nie, dat niks nog Sy wil weerstaan het nie, dat die kinders van Israel verstoot was ter wille van die nasies, dat die nasies sal inkom en die hele Israel dan gered sal word, dat Hy almal vanaf die eerste Adam sal red, vir wie Hy gekom en gesterf het (soos in Adam alle mense gesterf het, so sal in Christus almal lewendig gemaak word); dat al die nasies sal kom en Hom aanbid, dat elke knie sal buig, en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is, wat hulle aleenlik deur Sy Gees kan doen , dat behalwe die ouderlinge en die 144,000, is daar ‘n menigte wat niemand kan tel nie, nee, ook nie met rekenaars nie, geklee in wit, aanbiddend, dat alle vlees die heil van God sal sien, dat ons almal ‘n groot en waaragtige rede gaan hê om te juig, want God doen alles goed. Nou dit, my vriend, is die Goeie Nuus.

Die Volledige Weergawe

Baie van ons het gehoor wat algemeen verkondig word as “die Evangelie”, betekenis “die Goeie Nuus.” Dit sê dat, terwyl Jesus Christus gekom en vir sondaars gesterf het, en opgewek is uit die dood om die dood vir ons te oorwin (wat inderdaad waarlik wonderlike nuus is), moet ons op n manier ons self beskikbaar stel vir hierdie opperste wet van die liefde. Volgens die prominente evangeliese wêreld, wat beweer dat hulle die Bybelse waarheid te verkondig, sal baie min opeindig in die Hemel. Die oorgrote meerderheid, sê hulle, gaan hel toe en daar brand, in ‘n letterlike vuur, vir ewig, tyd sonder einde. Vriende, dit is glad nie goeie nuus nie! Eerstens, die onus is op ons om iets te doen, ‘n iets waarvan ons heeltemal onbekwaam is, of ons het in die eerste plek nie ‘n Verlosser nodig gehad nie. Tweedens, is ons reeds vooruit gesê dat baie min van ons dit sal maak. So, selfs dan as ons dit kan regkry, moet ons ongeveer 19 uit 20 van ons familie en vriende vir alle ewigheid verloor. Wat is so goed omtrent daardie nuus?!

So ek vra jou: Hoekom sou God ‘n projek begin waarin Hy geweet het dat die oorgrote meerderheid van die mensdom sou opeindig om vir ewig vreeslik gepynig te word, sonder ophou? Watter doel sou dit dien? Ek wil jou vra om hierdie te oorweeg:

Dat Jesus Christus, en nie die Poel van Vuur, die Einde, die Laaste, die Omega is:

Openbaring 1:8 AOV
(8)Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Openbaring 21:5-6 AOV
(5) En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
(6) En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die Water van die Lewe, verniet.

Openbaring 1:11 AOV
(11)Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste…

1 Korinthiërs 15:24 AOV
(24)Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
(25) Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder Sy voete gestel het.
(26) Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
(27) Want Hy het alles aan Sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
(28) En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Dat Hy die werk wat Hy begin het, met ‘n totale sukses deur Sy offer sal eindig:

1 Tessalonisense 5:24 AOV
(24) Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen.

Romeine 5:10 AOV
(10) Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van Sy Seun, veel meer sal ons deur Sy lewe gered word nou dat ons versoen is.

Hebreërs 12:2 AOV
(2) die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Johannes 4:34 AOV
(34) Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om Sy werk te volbring.
Jesaja 53:10-11 AOV
(10) Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as Sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur Sy hand voorspoedig wees.
(11) Weens die moeitevolle lyde van Sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur Sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

Dat Hy nie wil hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom:

Lukas 9:56 AOV
(56) want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na ‘n ander dorp vertrek.

2 Petrus 3:9 AOV
(9) Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Matthéüs 9:36-38 AOV
(36)En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
(37 ) Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
(38) Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.

Jona 4:11 AOV
(11) Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter— en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

Dat niemand na God vra nie:

Romeine 3:10-11 AOV
(10) soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
(11) Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie

Psalms 14:2-3 AOV
(2) Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
(3) Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.

Miga 7: 2 AOV
(2) Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.

Dat niemand na die Seun kan kom deur sy eie keuse en vermoë nie:

Johannes 6:44 AOV
(44) Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Matthéüs 16:15-17 AOV
(15) Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
(16) En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
(17) Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Jesaja 53:1 AOV
(1) Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?

Dat alle mense in slawerny gebonde is aan die sonde (dus sonder ‘n vrye wil):

Romeine 3:9 AOV
(9) Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,

Romeine 6:16 AOV
(16) Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

Romeine 7:14 AOV
(14) Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

Romeine 11:32 AOV
(32) Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.

Galàsiërs 3:22 AOV
(22) Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

Johannes 8:34 AOV
(34) Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.

Jeremia 10:23 AOV
(23) Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Psalms 22:29 AOV
(29) …en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

Dat dit Hy is wat veroorsaak vir een om te wil en te doen na sy welbehae:

Romeine 8:20-22 AOV
(20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het
(21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(22) Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Genesis 6:5 AOV
(5) Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was.

Genesis 20:6 AOV
(6) Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.

Eségiël 36:26-27 AOV
(26) En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.
(27) En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Psalms 100:3 AOV
(3) Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

Spreuke 16:9 AOV
(9) Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.

Filippense 2:13 AOV
(13) want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Dat Sy hand nie te kort is dat Hy nie kan red nie:

Jesaja 50:2 AOV
(2) Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.

Psalms 139:7-12 AOV
(7) Waar sou ek heengaan van U Gees en waarheen vlug van U aangesig?
(8) Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
(9) Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,
(10 ook daar sou U hand my lei en U regterhand my vashou.
(11) En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
(12) dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

Jesaja 59:1 AOV
(1) Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie;

Openbaring 1:18 AOV
(18) en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Dat niks nog Sy wil weerstaan het nie:

Jeremia 18:6 AOV
(6) Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in My hand, o huis van Israel!

Romeine 9:19 AOV
(19) Jy sal dan vir My sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het Sy wil weerstaan?

Romeine 9:15-21 AOV
(15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
(16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
(17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou My krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
(18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.
(19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het Sy wil weerstaan?
(20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die Maker sê: Waarom het U my so gemaak nie?
(21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Job 41:11 AOV
(11) Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.

Psalms 115:3 AOV
(3) terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

Dat die kinders van Israel verstoot is ter wille van die nasies, die heidene:

Romeine 11:12 AOV
(12) En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!

Romeine 11:15 AOV
(15) Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

Romeine 11:25 AOV
(25) Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

Jesaja 49:6 AOV
(6) Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

Dat die heidene, die nasies, sal inkom:

Romeine 9:25-26 AOV
(25) Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie My volk is nie, My volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
(26) en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie My volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

Psalms 22:27-29 AOV
(27) Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor U aangesig aanbid.
(28) Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
(29) Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor Sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

Dat die hele Israel dan gered sal word:

Jeremia 30:18-19 AOV
(18) So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
(19) En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.

Romeine 11:26 AOV
(26) en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

Jeremia 32:40-42 AOV
(40) En Ek sal ‘n ewige verbond met hulle sluit, dat Ek My van hulle nie sal afwend om aan hulle goed te doen nie; en Ek sal my vrees in hulle hart gee, sodat hulle van My nie afwyk nie.
(41) En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met My hele hart en met My hele siel.
(42) Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.

Jeremia 33:23-26 AOV
(23) Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:
(24) Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag My volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
(25) So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
(26) dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.

Al Eségiël, Hoofstuk 37.

Eségiël 39:25-29 AOV
(25) Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir My Heilige Naam.
(26) En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
(27) As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
(28) En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.
(29) En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.

Sagaria 10:6 AOV
(6) En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle ‘n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.

Sagaria 12:10 AOV
(10) Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind.

Dat Hy almal vanaf die eerste Adam sal red, vir wie Hy gekom en gesterf het:

1 Korinthiërs 15:22 AOV
(22) Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Romeine 5:18 AOV
(18) Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

Hábakuk 2:14 AOV
(14) Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek

1 Petrus 4:6 AOV
(6) Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

Kolossense 1:27-28 AOV
(27) aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
(28) Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

Psalms 65:2 AOV
(2) O, Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!

Dat al die nasies sal kom en Hom aanbid:

Psalms 72:17 AOV
(17) Mag Sy naam vir ewig wees; mag Sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in Hom geseën word, hom gelukkig prys!

Psalms 72:11 AOV
(11) Ja, al die konings sal hulle voor Hom buig, al die nasies sal hom dien.

Psalms 82:8 AOV
(8) Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies.

Psalms 86:9 AOV
(9) Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor U aangesig neerbuig, Here, en hulle sal U Naam eer.

Jesaja 2:2 AOV
(2) En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.

Jesaja 25:7 AOV
(7) En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.

Jesaja 66:18 AOV
(18) Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en My heerlikheid sien.

Jesaja 66:23 AOV
(23) En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê die HERE.

Openbaring 15:4 AOV
(4) Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.

Daniel 2:44 AOV
(44) Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.

Haggai 2:7
(7) Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.

Dan sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is:

Jesaja 45:22-23 AOV
(22) Wend julle tot My en laat julle red, alle eindes van die aarde! Want Ek is God, en daar is geen ander nie.
(23) Ek sweer by Myself; geregtigheid gaan uit My mond, ‘n woord wat nie herroep word nie: dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.

Daniel 7:14 AOV
(14) En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Romeine 14:11-12 AOV
(11) Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
(12) So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

Filippense 2:9-11 AOV
(9) Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,
(10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,
(11) en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Openbaring 5:13 AOV
(13) En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Wat hulle aleenlik deur die Gees van die Here kan doen:

1 Korinthiërs 12:3 AOV
(3) Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

1 Johannes 4:2 AOV
(2) Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.

1 Johannes 4:15 AOV
(15) Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

1 Johannes 5:1 AOV
(1) Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

Dat naas die ouderlinge en die 144,000, daar ‘n menigte is wat niemand kan tel nie; ook nie met rekenaars nie; geklee in wit, aanbiddend:

Genesis 15:5 AOV
(5) Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.

Jeremia 33:22 AOV
(22) Soos die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawid, en die Leviete wat My dien.

Openbaring 7:9 AOV
(9) Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande.

Dat alle vlees die heil van God sal sien:

Lukas 3:5-6 AOV
(5) Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal ‘n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
(6) En alle vlees sal die heil van God sien.

Openbaring 15:3-4 AOV
(3) En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is U werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is U weë, o Koning van die heiliges!
(4) Wie sal U nie vrees nie, Here, en U Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat U regverdige dade openbaar geword het.

Dat ons almal een dag ‘n groot en waaragtige rede sal hê om te juig:

1 Kronieke 16:31-32 AOV
(31) Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!
(32) Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is.

Psalms 85:6 AOV
(6) Sal U ons nie weer lewend maak, sodat U volk in U bly kan wees nie?

Psalms 96:11-12 AOV
(11) Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
(12) Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel

Psalms 97:1 AOV
(1) Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!

Psalms 98:4 AOV
(4) Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

Psalms 145:10 AOV
(10) Al u werke loof U, o HERE, en U gunsgenote prys U.

Jesaja 35:1-2 AOV
(1) Die woestyn en die dor land sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ‘n narsing;
(2) dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.

Johannes 3:16-17 AOV
(16) Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
(17) Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Dat nie net Sy volk nie, maar ook ander saam met Sy volk sal juig:

Romeine 8:20-21 AOV
(20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het
(21) in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.

Romeine 15:10 AOV
(10) En ook sê Hy: Verbly julle, o nasies, saam met Sy volk.

Want God doen alles goed.

Genesis 1:10 AOV
(10) En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

Genesis 1:12 AOV
(12) Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Genesis 1:21 AOV
(21) En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Genesis 1:25 AOV
(25) En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Genesis 1:31 AOV
(31) Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Nou DIT my vriend, is die GOEIE NUUS!

Moet ons die behoefte aan God se wette nalaat? God verbied!

Romeine 3:31 AOV
(31) Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.

Spreuke 29:18 AOV
(18) As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

Sal ons die bestaan van die bose en die sonde buite rekening laat? Geen manier nie!

Genesis 2:9 AOV
(9) En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

Matthéüs 3:5-6 AOV
(5) En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
(6) En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.

Romeine 7:15 AOV
(15) Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

Romeine 7:18-23 AOV
(18) Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
(19) Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
(20) Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.
(21) Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig.
(22) Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens;
(23) maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

Sal ons die noodsaaklikheid vir bekering ontken? Nie in die minste nie!

Matthéüs 3:1-2 AOV
(1) In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
(2) gepreek en gesê: Bekeer julle, want die Koninkryk van die Hemele het naby gekom.

Matthéüs 3:8 AOV
(8) Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

Matthéüs 4:17 AOV
(17) Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die Koninkryk van die Hemele het naby gekom.

Sal sondaars ly deur die vrug van hulle weë? Beslis!

Lukas 13:2-5 AOV
(2) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?
(3) Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.
(4) Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon?
(5) Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

Sal ons maai wat ons saai? Natuurlik!

Galàsiërs 6:7-8 AOV
(7) Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.
(8) Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Hoe en wanneer dan, is dit dat ons alle mense gered sal sien?

Efesiërs 1:10 AOV
(10) om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—

Kolossense 1:20 AOV
(20) en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van Sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

1 Korinthiërs 15:22-24 AOV
(22) Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
(23) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by Sy koms.
(24) Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!” (Psalms 150:6)

Ons het maar net ‘n klein gedeelte van die getuienis van die Skrif te voorskyn gebring, wat die uiteindelike, volledige en perfekte verlossing van die ganse mensdom verklaar. Die paar Skrifte wat op die oppervlak anders lyk, dui daarop om maklik weerlê en verduidelik te word deur diegene wat geleer is in die Skrif en onder die onderrig van die Heilige Gees is. Vir nou, verkondig ons die waarheid, sonder om die teendeel argumente aan te spreek. Sien ons afdeling The Restitution of All Things vir meer.

Victor Hafichuk en Paul Cohen

Vertaal in Afrikaans deur Henk Lendor
Translated into Afrikaans by Henk Lendor

Klik HIER vir alle artikels beskikbaar in Afrikaans.

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Provide your email if you would like to receive periodic correspondence from us.



0
You can leave a comment herex
()
x