Print Friendly, PDF & Email

Verklaring van Leer

Afrikaans – EnglishSpanish

“Jesus antwoord hulle en sê: My leer is nie Myne nie, maar van Hom wat My gestuur het. As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.” (Johannes 7:16-17).

Slaan oor na Ons Verklaring van Leer

Oor “Geloofsverklarings”

Tot nou toe het ons nie ‘n "geloofsverklaring" geplaas nie, vir ‘n paar redes:

Een, "geloofsverklarings" is verkeerd genoem; hulle het hoegenaamd niks met geloof te doen nie. Hulle is eerder verklarings van leer (gewoonlik van godsdienstige verwantskap) wat dikwels partydigheid afsmeer. "Ons glo dit en dat, so ons is die en daardie …" of "Ons is Baptiste, so ons glo …."

Twee, min indien enige "geloofsverklarings" sê dit alles, en diegene wat veel sê, leerstellig, sê niks oor die geloof van diegene wat dit plaas nie, behalwe oor hul gebrek daarvan. Een meld nie die ware geloof van Christus nie, hy leef dit. Die rede dat daar sogenaamde geloofsverklarings is, is omdat diegene wat dit publiseer nie ware geloof het nie, en dus nie die verskil tussen lering en geloof ken nie.

Drie, ons vermoed daar diegene sal wees wat ons vooroordeel met ‘n leerstellige verklaring en hulself dus onreg aandoen, en hulself beroof van die inhoud wat ons aanbied, omdat hulle op die leerstellige titels of stellings fokus.

Vier, baie plaas hul geloof, nie in Jesus Christus nie, maar in vermoedelik Bybelse of godsdienstige leerstellings, sommige oor Hom, sommige nie – inderdaad veel taamlik in teenstelling met Hom. Daar is baie wat glo dat as hulle sekere leerstellings glo, hulle guns by God het. Niks kan verder van die waarheid af wees nie.

Die Fariseërs het baie akkurate Bybelse leerstellings volgens die letter gehad. Hulle het in een God geglo, die komende  Messias, die gesag van die Skrif, die Wet van Moses, die opstanding en die hiernamaals, en die bestaan ​​van engele; hulle het bymekaargekom vir onderrig en gemeenskap, die Skrif bestudeer, tiendes betaal, gevas, aalmoese gegee, gebid, getuig aan ander, onderskei tussen rein en onrein vleis, en het die Sabbat en die Sabbat feeste onderhou.

Die blêrende gebrek aan geloof verklaar deur hul lewens, ewenwel, het egter enige aanspraak van die waarheid heeltemal uitgedryf, maak nie saak hoe akkuraat of vervolmaak die leerstellings nie. Hulle vrugte het dit als gesê. En toe die Messias gekom het, het hulle Hom nie net nie herken of ontvang nie, hulle het Hom as ‘n lasteraar en ‘n ketter vermoor. Om sout in die wonde te vryf, het hulle daarop aangedring dat die Romeine wegmaak met hul Messia’s se lyk, sodat hulle nie die Pasga verontreinig wat hulle regtelik voorberei het om te hou volgens die Wet, in die Naam van God nie. So wat goed het hul "geloofsverklaringʺ hulle of enigiemand anders gedoen?

Vyf, ons hele webwerf verklaar wat ons glo; ons leer is oral in ons webwerf, ten volle beskikbaar vir opregte navorsers. Terwyl daar baie is wat dit vir hulle uitgespel wil hê, erken ons dat as hulle na die waarheid soek, sal hulle ‘n geestelike getuienis ontvang of ons leer van die mens is of van God. Diegene wat ‘n leerstellige verklaring eis is foutvinders, op die ergste, of net op soek na ooreenkoms met hul eie leerstellings en miskien ‘n bietjie assosiasie met eensgesinde mense. In sulke gevalle, dien hulle hulleself bewustelik of andersins; hulle is nie agter die waarheid aan nie en het nie die Here Jesus Christus lief soos hulle verklaar nie.

Aan die ander kant, kan ‘n verklaring van leerstellige oortuigings veel goed doen, wat ookal die bedoeling van die leser. Dit kan ‘n hulpbron vir die gesonde leer wees, ‘n handige manier om te ontdek en toegang te hê tot dit waarin een mag belangstel om van te leer.

Diegene wie se motiewe onsuiwer is moet ook die waarheid hoor. Hoe anders sal hulle geoordeel word? Ons sien dit nou as ‘n goeie ding, hoe dit ookal sy. Laat diegene wat op die Steen struikel val, en laat diegene op wie die Steen val verpoeier word. Indien enige ons uiterlik sou oordeel, doen hulle so tot hul eie nadeel, maar diegene wat met die geloofsoog gaan, met ‘n ywerige hart vir die waarheid, en volhard buiten aansiens, sal grootliks geseën word.

Daar! Ons het reeds ons "geloofsverklaring" en verklaring van leer begin.

Nou voortgesit:

Ons Verklaring van Leer
(Skakels beskikbaar vir meer inligting)

Ons glo:

 

Vertaal in Afrikaans deur Henk Lendor
Translated into Afrikaans by Henk Lendor

 

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Provide your email if you would like to receive periodic correspondence from us.



0
You can leave a comment herex
()
x