Join the discussion; visit our...

 


Afrikaans - English - Romanian - Spanish

Gebed

Die fondasie van gebed is ons wandel met God. Om die waarheid te sê, wandeling met God ís gebed. Wanneer ek met God wandel, gebruik ek nie slegs my geestelike bene nie; Ek hou gemeenskap met God deur mond, verstand, hart, siel, en gees, deur te glo en Hom te gehoorsaam.

Indien ons glo en gehoorsaam is, wandel ons in die lig en het ons gemeenskap met Hom, want Hy is die Lig. Om te bid is om gemeenskap met die Here Jesus Christus te hê. Ek kan net met Hom wandel as ek in ooreenkoms met Hom is. As ek nie met God saamstem oor enige saak nie, is dit ek wat regstelling nodig het, want daar is geen duisternis met Hom nie, geen gebrek aan kennis of wysheid nie. As ek met Hom wandel, leer, dissiplineer en tugtig Hy my, en die bloed van Jesus Christus reinig my van alle ongeregtigheid.

Gebed is nie net om God vir dinge te vra nie; dit is baie meer. Dit is die handeling of proses van kommunikasie met God, met Hom te praat, Sy teenwoordigheid te erken, en met Hom en Sy Koninkryk, die Koninkryk van die Hemel kennis te maak. Dit is baie soos om ernstig met ander kennis te maak, behalwe met 'n eerbied of vrees wat een nie met ander het nie. God moet nie ligtelik opgeneem word nie.

Die Eerste Gebod is, "Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag."

Jesus het gesê: "Wie My gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar."(Johannes 14:21 AOV).

God hoor slegs diegene wie ware aanbidders van Hom is.

As ek God liefhet,sal ek doen soos Hy sê. Indien ek doen soos Hy sê, sal Hy Homself aan my openbaar. Soos ek doen wat Hy sê, wandel ek met Hom, en maak Hy Homself aan my bekend. Andersins, hoe kan ek met Hom wandel? Wat beteken dit dat Hy Homself aan my bekend maak indien nie dat Hy hoor en antwoord nie? En as Hy Homself bekend maak omdat ek Hom liefhet en Sy gebooie bewaar, sal Hy nie ook op my reageer en my die petisies toestaan wat ek aan Hom maak nie? As ek fouteer in my petisies, sal Hy my nie korrek en spaar nie? Sou Hy Sy minderjarige kind 'n skêr gee as die kind daarvoor gevra het (Lukas 11:9-13)? Maar Hy is getrou en Sy beloftes is seker, en Hy sal my altyd gee wat ek vra of benodig volgens Sy liefde teenoor my.

God hoor nie sondaars nie. Hy hoor slegs diegene wie ware aanbidders van Hom is, die wie Hom aanbid in gees en in waarheid, nie in werke of godsdienstigheid of in hul eie geregtigheid  nie (Lukas 18:10-14). As ek na God kom, moet ek weet dat ek onwaardig is, en dat ek niks van Hom kan ontvang nie, behalwe deur Sy genade en omdat dit Sy wil is om dit vir my te gee.

Ons kan nooit enigiets vir God doen apart van Hom nie. Jesus, die Seun van God Self het gesê: "die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie." (Johannes 5:19), in teenstelling met baie godsdienstige selfaangestelde helpers van God wat sê: "Sonder my kan die Vader niks doen nie. "Om te glo en Hom te gehoorsaam is om Hom te aanbid in gees en waarheid, en Hy is die Leidsman en Voleinder van ons geloof.

As ons glo en gehoorsaam, is ons gebedslewe na toegesien

Rakende versoeke, hier is 'n paar dinge om uitgewys te word (alhoewel as jy glo en gehoorsaam, word alles anders outomaties na toegesien):

God verwag van ons om by tye te vra (Matteus 7:7; Jakobus 4: 2). Ek sê "by tye" omdat Hy my baie dinge waarvoor ek nie gevra het nie, toegestaan het.

Ons moet vra, gelowig dat ons sal ontvang. Dit is nie 'n kwessie van wilskrag of konsentreering soveel soos 'n geestelike getuienis van binne, 'n versekering en vrede dat wat ons vra Sy wil is, en daarom so goed soos gedaan is (I Joh 5:14-15). Dit is geloof. Lees Jakobus 1:5-8.

Daar moet regte motief wees in die versoek. As ons iets van God vra met selfsugtige motief, sal ons niks ontvang nie. Lees Jakobus 4:1-4. Baie versoeke mag goed op die oppervlak verskyn, maar God ken die hart. Ek kan bid vir die redding van 'n geliefde, nie omdat ek werklik wil hê om die een gered, in Christus te sien nie, maar omdat ek nie bereid is om daardie een vir Christus te versaak nie. Dit bring ons terug na ons fondasie van gebed, naamlik ons ​​wandel met God. Gehoorsaam ons Hom? As ons glo en gehoorsaam, is ons gebedslewe outomaties na toegesien.

Ons moet ywerig wees. Die gebede van trane en sterk geween is die gebede wat Hy hoor. Lees Jakobus 5:16-18. Ek praat nie van die soort sterk geween en trane waarvoor Pinksters en anders befaamd is om te produseer nie. Daardie is die wyse van Baäl aanbidders, wat dink hulle kan God uit die Hemel uit sleep deur hulle skynheilige namaaksels van opregtheid en ywerigheid. Ek praat van 'n innerlike gebrokenheid wat ditself nie noodwendig in uiterlike terme mag manifesteer, en opgetower word nie. God erken nie halfhartigheid nie.

God handel met die werklike kwessies. Hy erken nie sake wat onbelangrik in Sy oordeel is nie alhoewel hulle belangrik vir die versoeker mag wees.

Ons moet leer om antwoorde te erken wanneer ons dit kry. 'n Gebed kan beantwoord wees, al kom dit nie so voor nie.

Ons moet rein van sonde wees in benadering tot God en van Hom verwag om Sy oor te gee. Ons moet in Sy geregtigheid wandel, nie ons eie nie, in gehoorsaamheid. God verhoor nie sondaars nie (Johannes 9:31). Jesus het gesê: "Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is" (Johannes 8:29). Die Here beveel ons om reg te maak met ons broers en susters in Christus, of enigiemand anders wie dit betref, voordat ons Hom nader in aanbidding of gebed (Mattheus 5:23-24).

Ons moet die reg hê (nie in onsself nie) om te vra wat ons vra. Dit kan God se wil wees om my te genees of om my in Sy Gees te doop, maar is dit noodwendig Sy wil om my direk te beantwoord? Sê Jakobus nie, "Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid... " As iemand 'n gawe van genesing het, sal dit verwag word van daardie een om die gawe aan ander te bedien, en ander moet gebruik maak van daardie persoon in die Here.

As ons bid soos ons behoort, vra volgens God se wil, en glo dat Hy gehoor het en sal antwoord, dan behoort ons Hom te dank omdat Hy gehoor en ons versoeke toegestaan het ​​(Filippense 4:6). In baie gevalle sal jy jouself outomaties in blydskap bevind en Hom dank as gevolg van die versekering wat jy ontvang het. Nietemin, in die tyd van beproewing, moet jy duidelik die moeite doen.

Daar is tye wanneer jy nie sal dankbaar voel nie, maar gee dank nietemin. Is dat skynheilig? Nie as jy werklik wil dank en dankbaar wees, al voel jy nie so nie. Ons het geleer dat wanneer ons ons tande kners in moeilike tye en God dank ("Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle" – 1 Tessalonika 5:18.), alhoewel ons is nie dankbaar is nie, word ons gou dankbaar. Ons sien die doel vir ons lyding in die vrugte wat die resultaat is van ons verbetering. Dank God, en jy sal op die regte tyd, die rede vir die danksegging sien. Met ander woorde, jy sal dankbaar wees.

Om te weet hoe om te bid is om daagliks met God te wandel in alle dinge.

Dikwels, selfs voor die gebed beantwoord is, gee God ons dankbaarheid wanneer ons Hom dank. Dit is een van Sy baie wonderwerke. Baie keer kry ons krag om aan te gaan eenvoudig deur God te dank vir die omstandighede wat ons so moeilik en onaangenaam vind. Ons ontdek dat ons grootste vloeke ons grootste seëninge is, as ons net aan die wil en soewereiniteit van God toegee en Hom vertrou.

Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle te leer hoe om te bid (Lukas 11:1), het Hy 'n voorbeeld gegee (nie 'n geblikte gebed nie). Hy het hulle nie net "Die Here se Gebed," gegee nie, want hierdie voorbeeld is ook gevind in die middel van 'n verhandeling in Mattheus hoofstukke 5, 6 en 7. Die hele verhandeling beskryf ten beste die wandel met God. Weereens, om te weet hoe om te bid is om daagliks met God te wandel in alle dinge. Hierdie drie hoofstukke in Mattheus is die antwoord van die Here aan die dissipels wie Hom gevra het om hulle te leer hoe om te bid. Lukas het slegs 'n gedeelte ingesluit van wat Mattheus aangeteken het. Hierdie manne het aangeteken soos aan hulle gegee is volgens die leiding van die Gees van God. Elke Evangelie gee 'n gedeelte, en die vier Evangelies saam gee die som deur God bestem vir ons. Lees Matteus hoofstukke 5, 6 en 7.

Tot wie bid ons? Sulke aaklige verwarring daar buite dat ek so 'n vraag moet beantwoord! Skraap die idee van 'n drie-eenheid. En vir hierdie stelling verdoem die godsdienstiges in sekere kringe my as 'n ketter. Ek bid tot die Here. Wie is die Here? Jesus Christus. Jesaja sê Hy is ook ons ​​Vader (Jesaja 9:6). Daar is net een Here (Efesiers 4:5). Bid tot Hom soos ek doen en net soos Stéfanus (Handelinge 7:59-60). As ek Hom hoor, hoor ek net een stem nie drie nie, en dit is die Here s’n!

Die wederstrewige hart wil onderwerping vermy

Wat van die ontvangs van die Heilige Gees? Lukas sê dat God die Heilige Gees aan hulle sal gee wie vra. Maar vra op sigself, soos ons reeds gesien het, is nie altyd genoeg nie. Dink jy nie Filippus sou graag die Gees aan die Samaritane meegedeel het as hy kon nie (Handelinge 8:5-17)? Hoekom het die Samaritane nie vir hulself gevra nie? Petrus en Johannes, nadat hulle gehoor het dat die Samaritane nie ontvang het nie, het afgekom en hulle die hande opgelê om die Gees te ontvang. God het Sy orde van dinge.

Die godsdienstige nominale Christene hou daarvan om te praat van die priesterskap van die gelowige; hulle koester hul onafhanklikheid en beweer dat hulle direk na die Vader kan gaan, sonder die bemiddeling van enige ander. Hierdie is 'n oor-reaksie op die tirannie van die Rooms-Katolieke Kerk, wie beginsels van die waarheid mishandel en verdraai vir hul eie doeleindes. Dit is ook die reaksie van 'n wederstrewige hart wat poog om onderwerping te vermy en nie die behoefte aan 'n ander wil erken nie, veral, en in wese, ironies genoeg, God self.

En wat van die oplegging van hande in gebed? Die oudstes het gebid oor die siekes, Petrus en Johannes het die hande op die Samaritane gelê, Paulus het die hande op die Efesiërs gelê om die Gees te ontvang, Jaïrus het Jesus gevra om hande op sy dogter te lê, en Paulus het Timoteus herinner van die gawe verleen aan hom deur die oplegging van hande deur die ouderlinge. Dit is duidelik dat God so 'n praktyk bekragtig, alhoewel dit nie altyd nodig was nie. Jesus het nie hande op almal gelê wie Hy genees het nie. Cornelius en die heidene ontvang die Gees sonder die oplegging van hande, alhoewel Petrus moes kom en met hulle spreek. Maar God lei Sy dienaars soos Hy wil en hulle is gevind om te doen wat nodig is.

Ons word vermaan om eerbiedig en nie onverskillig in die teenwoordigheid van God te wees nie.

Gebede (versoeke) is dikwels, indien nie altyd nie, deur God geïnspireer. Ek vra omdat ek gegee is om te vra, en indien wel so gegee word, sal ek ontvang. Die vraag is: "Is dit my versoek, of gee God my om te vra?" Dit leer ons deur die Gees van God. As dit 'n versoek van die vlees is (wat altyd in stryd met God is), sal dit nie beantwoord word nie, of as dit beantwoord word, sal ons jammer wees, net soos toe die Israeliete wellustig vir vleis was en God dit aan hulle gegee het, en hulle vernietig het terwyl dit nog in hulle mond was. Weereens, dit kom terug na ons wandeling met God.

Ons word deur Salomo in Prediker vermaan om nugter, eerbiedig, en nie haastig of nalatig in die teenwoordigheid van God te wees nie. Lees Prediker 5:1-7.

Let wel op, al het ek gesê ons sal nie 'n antwoord van God ontvang, tensy ons motiewe reg is nie, tog het ek nou net 'n voorbeeld gegee waar die Israeliete gegee is waarvoor hulle van God gevra het, selfs al het hulle gevra uit wellus. Baie het gesterf toe hulle hul versoek toegestaan is. Pasop wat jy van God vra, veral as jy aanhoudend is. Hy kan dit vir jou gee, en jy kan dit berou.

God voer Sy wil uit, ten spyte van ons selfsugtige versoeke.

Die Israeliete het gevra vir 'n koning om oor hulle heers, soos ander nasies gehad het, en het een van God ontvang. God en Samuel was gegrief deur hulle versoek, maar nie net het God hulle 'n koning gegee nie, maar Jesus Christus het bekend geword as die seun van een van dié konings, David (Matthew 9:27; 12:23; 15:22; 20:30). So hier is 'n voorbeeld van waar God regeer oor alles en Sy wil uitvoer ten spyte van onsself en ons selfsugtige versoeke. Wie kan verstaan?

Paulus sê: "En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. "(Romeine 8:26-27).

Weerlêend die lering van drie Gode of 'n drie-eenheid, vind 'n mens nêrens in die Skrif waar dit sê: "Dit is die Vader wat spreek," of: "Dit is die Gees wat spreek," nie, maar een sal vind die Here Jesus identifiseer Homself soos aan Saul van Tarsus (Handelinge 9) en Johannes in Openbaring (Openbaring 1:8,11,18). Dwarsdeur die Ou Testament, is dit, "So sê die Here." Paulus sê dit was Christus in die Ou Testament Wie die Rots was en Wie in die woestyn versoek was deur die Israeliete (1 Korintiërs 10:4,9). Dit was God; dit was die Here; dit was Jesus Wie se Naam nie net Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Vredevors is nie, maar ook Ewige Vader, die Alfa en Omega, die Eerste en Laaste, die Begin en Einde.

Ek het gewoonlik 'n gebedslys gehad waardeur ek elke dag en week gegaan het, oor en oor en oor ... tot dit beantwoord was. Daardie gebede was in baie of die meeste gevalle nie beantwoord nie. Ek was 'n heiden wie herhaaldelik gebid het. Doen jy dieselfde? Dink jy nie dat God, Wie die oor gemaak het om te hoor, heeltemal in staat is om te hoor nie? Maar jy herhaal jouself oor en oor vir slegs een rede: Jy glo nie! Jy glo nie Hy hoor nie, en jy glo nie Hy sal antwoord nie. Herhaaldelike gebede is nie gebede deur God geïnspireer nie, natuurlik, want God is nie so belaglik soos om Homself oor en oor te herhaal asof Hy nie bestaan ​​het, of Iemand hardnekkig en onagsaam was nie.

God se oor is altyd oop vir diegene wie Syne is.

"Maar wat van die aandringerige weduwee (Lukas 18) en Daniel (Daniel 10), wie volgehou het?" kan jy vra. Die antwoord is dat Jesus dit reeds duidelik gemaak het dat niemand gehoor sal word deur hul baie woorde nie. Maar hierdie was gehoor, so dit moes vir 'n rede anders as herhaling gewees het. Jesus is nie in die fout nie, en ook nie die Skrif nie.     

Volharding en geloof is die antwoord. Die vrou wou nie moed verloor nie. Sy het geloof gehad. Daniel het geloof gehad. Hy het nie aanhou vra nie. Hy was slegs standvastig in sy versoek. Dit is ook aangeteken dat die vertraagde antwoord nie was omdat hy moes aanhou vra nie, maar omdat Gabriël deur vyande teruggehou was. Daniël se versoek was die eerste dag gehoor toe hy dit gemaak het. Hoekom? Omdat hy 'n geliefde man van God was. Hy het met God gewandel. Hy was gehoorsaam en het geglo. God se oor is altyd oop vir diegene wie Syne is. Die weduwee het in geregtigheid vertrou. God is geregtig; Hy sal nooit iemand reg ontken nie.

Dit is belangrik om te weet dat God ons liefhet, en Hy is gretig om ons die verlange van ons hart toe te staan (Psalm 37:4). As jy kinders het, begeer jy nie om hulle goeie dinge (Lukas 11:13) te gee nie? As jy nie kinders het nie, ten minste was jy al 'n kind. Het jy nie jou ouers se begeerte ervaar om jou goeie dinge te gee nie? Indien nie, God begeer om dit te doen (Matteus 7:11; Lukas 12:32; Romeine 8:32). God is liefde. En ons ervaar Sy liefde deur met Hom te wandel, wat gebed is.

Victor Hafichuk

 

 

How We View and Use the Scriptures

Copying & Linking

We Want You to Know...

 How One Is Saved

Mundane Matters of Importance

 

Site Search:

 

 

Authors: Victor Hafichuk & Paul Cohen

 

© The Path of Truth - 2016