Join the discussion; visit our...

 

 

Afrikaans - English - German - Japanese - Romanian - Spanish

Aanvaarding

As daar ooit 'n bevrydende waarheid was, is dit dat wanneer ons ons omstandighede aanvaar, insluitend alle dinge en mense, beide die bose en goeie, soos ontwerp deur 'n alwyse en almagtige Skepper, proe ons oorwinning aan die mate wat ons glo. Aanvaarding van ons lot, maak nie saak wat dit is nie, is 'n lewens belydenis en erkenning dat Jesus Christus die Here is.

"Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die Maker sê: Waarom het U my so gemaak nie?" (Romeine 9:20 AOV)

"Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle"
(1 Tessalonisense 5:18 AOV).

As daar ooit 'n bevrydende waarheid was, is dit dat as ons, as gelowiges, ons huidige omstandighede in die lewe aanvaar, die oorwinning ons s'n is.

Die vinnigste en mees doeltreffende weg na geestelike oorwinning is om 'n mens se omstandighede hartelik te aanvaar soos hulle is. Kyk, die skoonheid en edelikheid van 'n spruit of 'n rivier, 'n poel of 'n oseaan, 'n koppie of 'n berg, 'n grashelm of 'n eikeboom, 'n voëltjie of 'n arend, 'n mier of 'n vlinder, 'n klippie of 'n rots, 'n atoom of 'n planeet, 'n baba of 'n reus, 'n lelie of Koning Salomo. Elkeen van hierdie het sy rol, en dit is wat dit is, heeltemal onvervangbaar deur enige ander, elkeen noodsaaklik bepaal deur 'n volkome wyse Skepper.

Vreemd genoeg, die wêreld se manier van dink is taamlik verskillend van dié van sy Skepper. Die wêreld, die vlees en die duiwel sê, "As jy voor wil kom en iemand wees, moet jy daarna hunker en streef. Dit is hoe die grotes dit gedoen het, en dit is hoe jy dit moet doen as jy wil slaag. Niks die moeite werd, was ooit verkry deur te wag daarvoor, of dinge te aanvaar soos dit is nie."

Wat belangrik is, is nie wat ons is nie, maar hoe ons onsself aanvaar soos ons is.
Die wêreld sê jy is spesiaal en kan enigiets wees wat jy wil as jy glo en daarna streef. God sê ook jy is spesiaal, maar Hy bedoel dat jy is wat jy is - in jou eie reg, uit deugsaamheid van Sy ontwerp en wil, daar is niks soos jy en kan nooit wees nie. Om jou potensiaal te bereik, moet jy wees wat jy bestem was om te wees, nie wat jy wens om te wees nie, en net Hy kan dit laat gebeur.

Die feit is, nie almal kan enigiets wees nie, en een was nie bedoel om enigiets te wees nie. Die blote feit dat elkeen van ons uniek is. vertel ons dat elkeen van ons 'n besondere, verkose betrekking in die lewe het, wat dit ookal mag wees, hoe ookal nederig of groot ons dit mag aansien.

Hoekom af wees as jy nie kan wees wat iemand anders is nie, asof dit in jou mag en dus jou verantwoordelikheid is? Of beny jy ander? Om jou naaste te beny is om jou eie roeping te verwerp. Slegs deur God kan jy enigiets wees. En jy kan Hom nie gebruik om te doen wat jy wil nie. Hy sal doen wat Hy wil met jou. Jy is nie in staat om 'n duim tot jou hoogte te voeg, of een haar swart te maak nie, het Jesus gesê (Matthéüs 5:36). Daarom, as God jou nie gemaak het om 'n spesifieke iets te wees nie, is dit Sy bekendmakende wysheid dat jy is soos jy is. Om te begeer of te probeer om iets anders te wees as wat Hy voorgeneem het, is om Sy wil en Sy wysheid te ontken.

Wil jy die President van die Verenigde State van Amerika wees? Dit is goed vir diegene wat veronderstel is om so te wees - as hulle tevrede is daarmee, hul plig getrou uitvoer - maar boos vir diegene wat nie tevrede is om so te wees nie, alhoewel hulle bedoel is daarvoor. Ons wat daarna streef om iets te wees wat ons nie is nie, het nie 'n idee wat dit regtig is nie, en mis die enigste moontlikheid van vervulling en vreugde wat daarin is, in dit wat ons veronderstel is om te wees. So, wat saak maak is nie wat ons is nie, maar hoe ons onsself aanvaar soos ons is, maak nie saak wat dit mag wees nie. Dit is die geheim tot die lewe, vreugde, vrede en vervulling.

Een sal nooit tevrede of vervuld wees deur na groener weivelde te soek nie. Dit is 'n tragiese fout vir een om te dink dat, as hy soos 'n ander persoon kan wees, of hê wat 'n ander het, of selfs dit te hê wat niemand anders ooit gehad het nie, hy dan gelukkig sal wees. Die oomblik as een in staat is om hom te onderwerp aan sy lot in die lewe, nie met droefheid nie (die Here sien die hart), maar gewilliglik, selfs met blydskap, het hy die staat bereik wat ons almal begeer, maar gedink het ons kan slegs hê as ons ons lot verander.

Wanneer ons versuim om onsself te aanvaar, verontreinig en vernietig bitterheid ons.

Sommige noem hierdie staat, nirvana, sommige kosmiese bewussyn, sommige verligting, en ek noem dit die aanvaarding van die wil van God. Diegene wat nirvana soek, is nie tevrede met hul staat en lot nie. Ek moet nog 'n Boeddhis of nie-Christen mistieke ontmoet, strewend na volmaakte vrede en vervulling, wat dit al bereik het. Hulle kan nooit tevrede wees met hul huidige lot nie.

Dit mag nie moeilik wees om die dinge in ons lewens te aanvaar wat ons tevrede stel nie - goeie gesondheid, 'n vredevolle familie, genoegsame rykdom, populariteit, sekuriteit, of sukses - alhoewel 'n mens gou ontdek dat daar selfs geen ware vervulling in enige van hierdie is nie. Inderdaad, baie mense wat dit het, waardeer dit nie, en baie het hierdie dinge verkry, net om 'n onverwagse leegheid te ontdek. Verward, vra hulle, "Wat het verkeerd gegaan? Hoekom is ek nie gelukkig nie? "

Wat meer moeiliker is, is om negatiewe, ongewenste, onaangename omstandighede en betrekkinge in die lewe, klaarblyklik minder as dié van ander, te aanvaar. Die Bybel waarsku ons teen nydigheid, afguns, jaloesie en gierigheid. Hoogmoed is ook 'n ondeug wat ons saamsleep deur onsself met mekaar te vergelyk, en daardeur twis en vyandskap veroorsaak. Wanneer ons nalaat om onsself in dankbaarheid te aanvaar vir ons omstandighede, vestig bitterheid homself, en stadig maar seker, verontreinig en uiteindelik vernietig dit ons.

Hoekom moet ons onsself met ander vergelyk, as ons nooit bedoel was om soos enigiemand anders te wees nie? Hoekom is ons ontevrede om onsself te wees, as ons die enigstes is wat die unieke persoon kan wees, wat ons bestem is om te wees? As ons slegs vervuld kan word deur onsself te wees, waarom moet ons probeer om iemand anders te wees? Hoekom kan ons nie besef dit is onmoontlik nie?

As ons glo dat God soewerein oor alles regeer, rus ons in die vertroue dat Hy in volle beheer is, en alles perfek doen. Ons dank en bely Jesus as Here in die mees praktiese sin. Ons is lief vir ons naaste soos onsself, want as ons onsself aanvaar as 'n werk van die wysheid van God, sal ons ons naaste as 'n werk van die wysheid van God aanvaar, en ook vir hom dankbaar wees.

Is dit nie die beginsel van die sonde nie – om nooit een se huidige omstandighede te aanvaar nie?

"Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die Maker sê: Waarom het U my so gemaak nie?" (Romeine 9:20 AOV)

Die wortel van alle kwaad in die wêreld is ontevredenheid met 'n mens se lot. Het Satan nie gestreef om die owerste van hierdie wêreld te wees nie? Tog is hy 'n vergryper. Het die mens nie gestreef om te verkry en te bereik, na sy sotheid nie? Het hy nie die aarde vernietig nie?

Het die Fariseërs nie probeer regverdig wees in hul eie reg nie? Het Herodes nie 'n onwettige vrou getrou nie? Wou Agab nie die wingerd van sy naaste, of David sy naaste se vrou, of Amnon sy suster, of Absalom die troon van sy vader of Kain die aanvaarding wat sy broer van God geniet het, of Saul die heerlikheid, onafhanklik van God, of Judas die eer van die mense, hê nie? Wou Israel nie uit Egipte kom toe hulle in was, en terug ingaan toe hulle uit was nie? Wou hulle nie 'n koning hê soos die ander nasies rondom nie? Is dit nie die beginsel van die sonde nie – om nooit een se huidige omstandighede te aanvaar nie?

Ek onthou 'n spotprent - die eerste raam toon 'n man, slapend op 'n rusbank, dromend dat hy voetslaan in die berge met vars lug en sonskyn, koel briese en pragtige uitsigte om te aanskou; die laaste raam toon hom in die berge, uitgeput en swetend, terwyl hy homself, gemaklik uitgestrek op 'n rusbank voorstel.

Neem ag dat wanneer God profete gestuur het om mense te kritiseer, was dit om hulle te kritiseer, nie vir wat hulle was nie, maar om te probeer wees wat hulle nie bedoel was om te wees nie. God berispe nie 'n man vir foute of dommighede of swakhede of sterkpunte of armoede of rykdom of roem nie, maar vir wens of probeer om iets te wees wat hy nie is nie.

In 'n feilbare staat, doen ons dwase dinge, en daardeur manifesteer ons aan almal dat ons afgodies is. Afgode maak dwase van die mense. Wat is 'n afgod? Dit waarna iemand streef om te hê en te bereik, iets na gesoek, eerder as na God. Wat is 'n dwaas? Iemand wat nie sy Godgegewe lot in die lewe kan waardeer nie.

Wat sal wees sal wees, en God sal dit doen.

Ons breek elke gebod wanneer ons nie onsself en die betrekking in die lewe, bepaal deur ons Skepper, aanvaar nie - God nie liefhet nie, vreemde gode hê (verlang na dinge nie vir ons bedoel nie ), nie die Sabbat hou nie (nie rus nie), nie die ouers eer nie, owerspel pleeg, diefstal, en moord. Sodoende, vernietig ons wat ons en ander rondom ons het, of kan en moet hê.

Hoe weet ons dat al ons omstandighede deur die Here verorden is? Hy sê so.

"En in Hom hou alle dinge stand" (Kolossense 1:17).

"Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe" (Spreuke 16:9 AOV).

"Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle" (1 Tessalonisense 5:18 AOV).

Kan dit wees dat ons bestem is om ons omstandighede te verander, selfs soos Jerobeam in opstand gekom het teen Rehábeam, God verdeel Israel doelbewustelik in twee nasies (1 Konings 12: 21-24)? Of soos Jakob listiglik die geboortereg van Esau geworstel en sy seëning gesteel het, God Sy goddelike verkiesing en soewereiniteit demonstreer (Rom 9:10-13)? Of soos Samgar Israel kragdadig gered het uit onderdanigheid deur 600 Filistyne met 'n osdrywerstok te verslaan (Rigters 3:31)? Of soos Samson begeer, en 'n Filistynse vrou as sy vrou geneem het, God na 'n geleentheid gesoek het teen die Filistynse onderdrukkers (Rigters 14:3-4)?

Hierdie was alles dinge wat God in die hart van Sy dienaars geplaas het om te doen. Hy werk alles volgens die raad van Sy wil (Ef 1:11). Wat sal wees sal wees, en God sal dit doen.

Daar is diegene wat hierdie soort van dade en prestasies sien en sê, "As hy dit kan doen, so kan ek." Hulle plaas egter die wa voor die perd. Daardie mense het daardie dinge gedoen, want God het dit aan hulle gegee om te doen. Hulle het dit nie gedoen uit hardnekkige vasberadenheid nie; hulle hoef nie motivering op te werk nie - dit is in hulle geplaas. Hulle kon niks doen, as om hul lot te vervul nie.

Ons moet ons omstandighede aanvaar en daarin dank gee.

"Laat die linkerhand nie weet wat die regterhand doen nie," sê Jesus (Mat 6:3). Laat ons ewig dank gee vir wat is, wees wat ons is - of dit blyk om vir beter of slegter te wees, bid vir die wil van God, en ophou net soek na ons eie gewin en beswil. As ons God se wil aanvaar en ons naaste liefhê soos onsself, sal ons die begeertes van ons hart hê.

"God, gee my die helderheid om die dinge wat ek nie kan verander nie te aanvaar; moed om die dinge te verander wat ek kan; en wysheid om die verskil te ken"? Die belangrikste ding is om onsself te aanvaar en nie verkies om 'n ander te wees nie. En ons moet ons omstandighede aanvaar en daarin dank gee, wetend dat hulle gevormd is deur die Vader.

"Dit is aansienlik om iemand te wees, want jy is niemand, want jy is Syne" (The Path of TruthIt’s Great to Be Somebody). Ons gaan die verlangende sewende dag in, ons regmatige plek. Aan God die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen!

Victor Hafichuk

Vertaal in Afrikaans deur Henk Lendor
Translated into Afrikaans by Henk Lendor

Klik HIER vir alle artikels beskikbaar in Afrikaans.

 

 


How We View and Use the Scriptures

Copying & Linking

We Want You to Know...

How One Is Saved

Mundane Matters of Importance

 

Site Search:

 

 

Authors: Victor Hafichuk & Paul Cohen

 

© The Path of Truth - 2016